Personeel / Bestuur / Direksie

Ons as skool is trots op ons Elnatan personeel en deel graag op hierdie blad meer inligting oor elkeen van hulle. U is welkom om te lees oor die opleiding, ervaring en portefeuljes van elke personeellid.

Bestuurspan

Die Bestuurspan bestaan uit die Skoolhoof, Adjunkhoof. Die Skoolhoof dien as voorsitter van die Bestuurspan en is ook die Hoof Uitvoerende beampte (CEO) van die skool met betrekking tot Akademie, Sport, Kultuur, Koshuise, terrein, vervoer en die algemene dissipline. Hierdie afdelings word volgens beleid bestuur soos goedgekeur deur die Direksie van Privaatskool Elnatan.

Mnr. Johan Adriaanse

Adjunkhoof

Wiskunde gr10-12
Ingineursgrafika en ontwerp gr10-12

Me Marisa van Zyl

Personeelbestuur

Administratiewe Personeel

Me. Amelia Mulder

Finansiële Klerk en bestuur Carducci en Palmboutique

Me. Elsabé Booysen

Finansiële beampte en Algemene sekretaresse

Hoërskool Personeel

Me. Marisha Snyman

Afrikaans gr7
Wetenskap gr9
Lewenswetenskap gr10-12

Me. Nicole Francis

Aardrykskunde gr10-12
Toerisme gr10-12

Me. Catherine Fourie 

Gasvryheidstudies gr10-12
Ekonomiese Bestuurswetenskappe gr7
Engels gr7

Me. Hendry van Wyk

Afrikaans Huistaal gr8-12

Mnr. Charl van Schalkwyk

Aktiewe Burgery  gr8-12
Sosiale Studies gr8-9

Me. Yanka Agenbach

Departementshoof:  Natuurwetenskappe

Computer Studies gr10-12
Landboubestuurspraktyk gr10-12

Me. Bernice Schroër

Fisiese Wetenskappe gr10-12
Wetenskap gr7-8

Me. Zandréa Brandt

Besigheidstudies g12
Rekeningkunde gr10-12
Ekonomiese Bestuurswetenskappe gr8-9

Me. Marlene von Wielligh

Wiskunde g8-9
Kwantitatiewe beredenering gr10-12

Me. Annette Jooste

Departementshoof: Geesteswetenskappe

English First Additional Language gr8-12

Senior Primêr Personeel

Me. Melani Adriaanse

Robotika gr4-6
Bybel gr4-7
Kuns gr4
Aktiewe Burgery gr5-7
Wetenskap gr4
Sosiale studies gr4

Me. Liesbeth Snyman

Inligtingskommunikasietegnologie gr4-6
Sosiale Studies gr5-7
Wetenskap gr5-6

Me. Mariana Botma

Engels gr4
Wiskunde gr4-7

Me. Nadine de Jager 

Departementshoof - Senior Primêr

Afrikaans gr4-6
Engels gr5-6

Junior Primêr Personeel

Me. Melinda Garbers

Departementshoof  Junior Primêr

Graad 3

Pre-Primêr & Remediëring personeel

Me. Maryna Hansen

Palmpikkies Mariental gr R

Me. Zuretha Horn

Palmpikkies Stampriet gr R

Assistent Onderwysers

Me. Chrizelle Roux

Assistent onderwyser by Graad RR Palmpikkies Stampriet

Besig met B.Ed Grondslagfase (finale jaar)

Me. Marina Binneman

Assistent onderwyser by Senior Primêre afdeling

Besig met B.Ed Intermediêre fase (finale jaar)

Terreinopsigter en Sportafrigter

Koshuispersoneel

Me. Mariska Louw

Junior matrone - Huis Cora

Me. Carine Kruger

Hoof Koshuis Matrone

Bestuur en Beheer

Privaatskool Elnatan is ‘n regspersoon en geregistreer as ‘n Artikel 21 Maatskappy by die Registrateur van Maatskappye. Die skool word bestuur en beheer deur die volgende liggame:

Ledevergaderings

Alle ouers met ingeskrewe leerlinge in die skool het stemreg op Algemene Jaarvergaderings en Ledevergaderings.  ‘n Lid se skoolfonds moet op datum wees of ‘n spesiale reëling moet getref wees met finansiële kantoor om stemreg te hê op ‘n vergadering.

Algemene Jaarvergaderings moet gehou word.  Finansiële verslag dien op hierdie vergadering en die Voorsitter van die Direksie lewer ook verslag vir die jaar.

Tydens sodanige vergadering word ook spesiale besluite geneem rakende algemene beleid en beginsels.

Ledevergaderings word gewoonlik aan die begin van elke termyn gehou waar daar ook spesiale besluite geneem word wat alle ouers raak.

Ledevergaderings word op die skool se jaarbeplanning aangedui en dien ook as kennisgewing van die vergadering.

Direksie

Die skool word oorkoepelend bestuur deur ‘n Direksie wat uit nie meer as twaalf lede bestaan nie, wat die skoolhoof insluit. Direksielede word deur die ouers verkies en dien vir ‘n periode van drie jaar waarna hulle weer herkiesbaar is. 

Die Direksie is verantwoordelik vir alle juridiese handelinge namens die skool soos voorgeskryf in die statute. 

Die Direksie moet toesien dat die breë beleid en beginsels van die skool uitgeleef en uitgevoer word. Die Direksie is ook verantwoordelik vir die begroting en oorhoofse finansiële bestuurPersoneelaanstellings word ook deur die Direksie bekragtig.

‘n Dagbestuur word verkies, wat bestaan uit die direksie voorsitter, ondervoorsitter, skoolhoof en Finansiële hoof wat alle dringende sake namens die skool hanteer. Die Dagbestuur mag ook indien nodig, ‘n persoon of instansie ko-opteer om vir sekere sake op die dagbestuur te dien.

Louisa Campbell
(Voorsitster, bemarking en Finansies)

info@lovedale-namibia.com
081 281 9074

Jannie Booysen
(Onder-Voorsitter en Infrastruktuur)

jnb@iway.na
081 385 5464

Frikkie Booysen
(Bemarking)

itaga198@gmail.com
081 412 9558

Dirk Nesenbernd
(Bemarking)

dirkn@gmail.com
081 124 7570

Marisa van Zyl
(Personeelbestuur en bemarking)

fjvzyl@iway.na
081 204 2960

Carine van Wyk
(Finansies)

vanwyk.carine@gmail.com
081 223 3787

Tinus Botma
(Onderwys, Sport en infrastruktuur)

skoolhoof@elnatan.com
081 277 4762

Johan Adriaanse
(Akademie, sport en infrastruktuur)

johan@elnatan.com
081 124 7757