Privaatskool Elnatan word ge-eksamineer deur die
Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board of IEB)
Van 2022 af skryf alle IEB skole in Namibië die IEB-ISS (Internasionale Sekondêre Sertifikaat) eksamen.
Die kwalifikasie is daarop gerig om studente voor te berei vir die lewe. Daar is ‘n “mandjie” van sagte en harde vaardighede, genaamd Wêreldwye vaardighede vir lewenslange leer”, wat studente kan aanbied oor die twee of drie jaar waarin hulle voorberei vir hul finale ISS-vakspesifieke eksamens.
Hierdie hoog aangeskrewe eksamen gee aan ons Graad 12’s toelating tot alle Universiteite,Technikons en Kolleges in Suid-Afrika, Namibië asook die meeste lande dwarsoor die wêreld.
Die medium van onderrig is hoofsaaklik Afrikaans, maar aangesien ons die posisie van Engels as amptelike taal erken,
verleen ons ook die nodige prominensie daaraan deur deeglike en korrekte aanbieding van die vak, asook deur sommige vakke in Engels aan te bied.
Vir 29 uit die 30 jaar het Elnatan ‘n 100% slaagsyfer en in 2021 het die hele matriekklas ook 100% universiteitstoelating gekry.
In 2022 eindig 4 van Elnatan se leerlinge in die top 10 in die land en Marion Botma en Anja Spangenberg is ook die Nommer 1 en 2 in Namibië met die eerste IEB- ISS eksamen wat afgelê word. Ag van die 20 vakke wat landswyd afgelê is, het Elnatan die top presteerder in, naamlik, Afrikaans, Wiskunde, Kwantitatiewe Beredenering, Toerisme, Geografie, Gasvryheid, Rekeningkunde en Besigheidstudies
Alle leerders in Graad 1 – 3 neem die volgende vakke:
Tegnologie is besig om alle fasette van ons daaglikse lewens oor te neem en te verander. Dit is ons taak om kinders voor te berei op hierdie tegnologie-aangedrewe wêreld. Deur kinders vroeg reeds aan Robotika bloot te stel, kan ons ’n belangstelling vir programmering en innovasie by hulle kweek.
Die voordele wat Robotika inhou:
Robotika maak deel uit van Graad 1 tot Graad 6 se kurrikulum en is dus ingesluit by skoolgeld. Die Hoërskool doen dit as ‘n buitemuurse aktiwiteit in die namiddag. Gr 1 doen Robotika met die Beebot. Gr 2 tot 3 gebruik die Bluebot. Gr 4 tot 5 maak gebruik van Lego Education se WeDo 2.0. Gr 6 tot 7 gebruik Lego Education Spike Prime en die Hoërskool gebruik Mindstorms Education se EV3
Landboubestuur is een van die vakke wat leerlinge by ons in die Hoërskool kan neem. Landboubestuur behels ‘n studie en toepassing van produksie, ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte te voeg sodat die produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het. Die doel van die vak is om leerders te voorsien van ‘n goeie prakties-georiënteerde basis wat beide die teoretiese en praktiese vaardighede integreer.
In hierdie vak kry leerders onderrig in die volgende:
Landbouleerlinge kry ook die geleentheid om buite kursusse by te woon soos Dorper, Meatmaster, Boerbok en beesbeoordeling sowel as praktiese ondervinding in kunsmatige inseminasie, asook gewasverbouing.
ʼn Leerling moet na die volgende graad bevorder word indien hy / sy ʼn E-simbool of beter in die volgende vakke behaal: Afrikaans, Afrikaans Lees, Engels, Wiskunde en nog een van oorblywende kombinasies.
ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:
ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:
ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:
ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:
‘n Leerder sal nie ʼn vak slaag indien hy / sy nie die minimum vereiste vaardighede bemeester het nie en nie na die volgende graad bevorder word as hy / sy nie aan die minimum vereistes vir bevordering, soos hieronder beskryf, voldoen nie.
ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:
Om die IEB-ISS te slaag
‘n Leerder moet die volgende vakke slaag:
Om die IEB-ISS te slaag met toelating tot Diploma-studie (D)
‘n Leerder moet:
Om die IEB-ISS te slaag met toelating tot Graad-studies (BD)
‘n Leerder moet
Dit is slegs minimum vereistes en elke Universiteit en fakulteit stel nog hul eie standaarde.
Vir enige akademiese navrae voel vry om die volgende verantwoordelike persoon te kontak: